24. Sy maak fyn linne en verkoop dit; sy voorsien gordels aan die handelaars.
25. Sterkte en eer is haar klere en sy sal haar verheug in die tyd wat kom.
26. Sy maak haar mond oop met wysheid en op haar tong is die wet van liefdevolle goedheid.
27. Die lewenswyse van haar huishouding is bo teregwysing en sy eet nie die brood van luiheid nie.
28. Haar seuns staan op en noem haar geseënd, ook haar man prys haar:
29. baie dogters het ryk geword, maar jy het hulle almal oortref.1 Kef 3:1-6
30. Gevormde uiterlike is bedrieglik en skoonheid is nietigheid, maar ’n vrou wat יהוה respekvol vrees, sal helder en duidelik geprys word.