Spreuke 29:3-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hy wat wysheid liefhet, verbly sy vader, maar hy wat met hoere omgaan, verloor sy besittings.

4. Die koning verryk die land deur regverdige oordeel, maar ’n man wat die wet verbreek, verwoes dit.

5. ’n Man wat sy naaste vlei, sprei ’n net uit voor sy voete.

6. ’n Bose man sal verstrik word in sy boosheid, maar die regverdige sal sing en bly wees.

7. Die regverdige man let op na die saak van die armes, maar die bose het geen begrip om daarna te kyk nie.

8. Manne wat spot, steek stede aan die brand, maar wyse manne draai die toorn weg.

9. ’n Wyse man staan ’n dwaas teë en wanneer hy kwaad is, lag hy en skel nie.

10. Bloeddorstige manne haat die onskuldiges, maar die opregtes het liefdevolle omgee vir hulle.

11. ’n Dwaas uiter al sy woede, maar ’n wyse gebruik sy verstand.

12. As ’n heerser luister na leuens, is al sy dienaars boos.

13. Die arm man en die een wat onderdruk ontmoet en יהוה verlig altwee se oë.

14. ’n Koning wat die mense getrou oordeel, sy troon sal vir ewig bevestig wees.

15. Die lat en die teregwysing gee wysheid, maar ’n seun wat dissipline kort-kom, bring skande oor sy moeder.

16. Wanneer die bose vermenigvuldig, vermeerder die oortreding, maar die regverdiges sal toekyk as hulle val.

17. Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee, ja, vreugde vir jou lewe.

18. Wanneer die bose vermenigvuldig, is die volk vernietig, maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.

Spreuke 29