Spreuke 29:20-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Wanneer jy ’n man sien wat haastig is in sy woorde, weet dat ’n dwaas beter is as hy.

21. Hy wat van jongs af aan plesier oorgegee is, sal ’n dienskneg wees en aan die einde kerm.

22. ’n Woedende man wek twis op en ’n toornige man is oorvloedig aan oortredinge.

23. Die trotsheid van ’n mens sal hom verneder, maar sy nederigheid sal byvoeg by sy eer.

24. Hy wat ’n dief se metgesel is, haat sy eie lewe; hulle plaas hom onder eed, maar hy erken niks nie.

25. Die vrees van ’n mens word sy struikelblok, maar hy wat sy vertroue in יהוה plaas, sal sterk word.

26. Baie soek die heerser se guns, maar die mens se oordeel kom vanaf יהוה.

27. ’n Bose man is vir die regverdiges verwerplik en die regte lewenswyse is verwerplik vir die bose.

Spreuke 29