Spreuke 29:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy wat teregwysing weier en sy nek verhard, sal skielik vernietig word sonder herstel.

2. As die regverdiges baie is, vermeerder die volk, maar wanneer die bose in outoriteit is, kerm die volk.

3. Hy wat wysheid liefhet, verbly sy vader, maar hy wat met hoere omgaan, verloor sy besittings.

4. Die koning verryk die land deur regverdige oordeel, maar ’n man wat die wet verbreek, verwoes dit.

5. ’n Man wat sy naaste vlei, sprei ’n net uit voor sy voete.

6. ’n Bose man sal verstrik word in sy boosheid, maar die regverdige sal sing en bly wees.

Spreuke 29