Spreuke 28:4-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hulle wat die wet opgee, prys boosheid, maar hulle wat die wet onderhou, word versterk.

5. Bose mense verstaan nie die regverdige oordeel nie, maar hulle wat יהוה soek, verstaan alle goeie dinge.

6. Die arm man wat in sy opregtheid lewe, is beter as ’n ryk man wie se lewenswyse pervers is.

7. Hy wat die wet onderhou, is ’n wyse seun, maar hy wat besig is met sinnelose boosheid, beskaam sy vader.Yes 23:18; Iyov 21:17

8. Hy wat sy rykdom vermeerder deur rente en onregverdige wins, sal dit nalaat vir die een wat goed is vir die armes.

9. Hy wat sy oor toedruk om nie na die wet te luister en dit te doen nie, selfs sy gebed is ’n verwerplikheid.

10. Hy wat die regverdiges op ’n bose pad laat afdwaal, sal self in die put val, maar die opregtes sal goeie dinge erf.

11. Die ryk man is wys in sy eie oë, maar ’n arm man met insig sal hom teregwys.

12. Wanneer die regverdige sterk is, is daar groot lof en eer, maar as die bose tot krag kom, verdwyn die lof en eer.Num 5:7

Spreuke 28