10. Hy wat die regverdiges op ’n bose pad laat afdwaal, sal self in die put val, maar die opregtes sal goeie dinge erf.
11. Die ryk man is wys in sy eie oë, maar ’n arm man met insig sal hom teregwys.
12. Wanneer die regverdige sterk is, is daar groot lof en eer, maar as die bose tot krag kom, verdwyn die lof en eer.Num 5:7
13. Hy wat sy oortredinge wegsteek, sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat sy sonde erken, bely en laat staan, sal liefdevolle omgee ontvang.
14. Gelukkig is die man wat gedurigdeur respekvol vrees, maar hy wat sy verstand, wil en emosie verhard, sal in die boosheid verval.
15. Soos ’n brullende leeu en ’n honger beer, so is ’n bose heerser oor die armes.
16. ’n Heerser wat ’n gebrek het aan insig, is ook ’n groot onderdrukker, maar hy wat bedrog haat, sal sy lewe verleng.
17. ’n Mens wat betrokke is by bloedvergieting sal selfs na die put toe vlug en niemand sal hom help nie.
18. Hy wat opreg lewe, sal gered word, maar hy wat pervers is in sy lewenswyse, sal in ’n put val.
19. Hy wat die land omploeg, sal ’n oorvloed van brood hê, maar hy wat agter nietighede aanjaag, sal volop armoede hê.
20. ’n Betroubare man het uitermatige seëninge, maar ’n bose man sal nie onskuldig wees nie.
21. ’n Man wat partydigheid wys, is nie goed nie; vir ’n stukkie brood sal ’n man ’n verraaier word.
22. Hy wat hom haas om ryk te word het ’n bose oog (suinig) en dink nie daaraan dat armoede oor hom sal kom nie.
23. Hy wat ’n mens teregwys, sal agterna meer guns vind, as hy wat vlei met sy tong.