Spreuke 25:22-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. want deur dit te doen hoop jy gloeiende kole op sy kop en יהוה sal jou beloon.

23. Soos die noordewind wat reën bring, so is ’n boosaardige gesig en ’n tong wat agteraf praat.

24. Dit is beter om op die hoek van ’n dak te bly, as by ’n twisgierige vrou en ’n huis verdeeld in homself.

25. Soos koue water vir ’n dors persoon, so is goeie nuus vanuit ’n ver land.

Spreuke 25