Spreuke 25:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is nog spreuke van Shlomo, wat die vriende van Hizkiyahu, koning van Y’hudah, neergeskryf het.

2. Dit is tot lof en eer van God om ’n saak geheim te hou, maar die eer en lof van die koning is om die saak te ondersoek.

3. Die hoogte van die hemele, die diepte van die aarde en die verstand, wil en emosie van die koning is onverstaanbaar.Yes 1:22; Yeg 22:20,22

4. Suiwer die vuil skuim uit die silwer dat ’n suiwer voorwerp verskyn.

5. Laat die bose vanuit die koning se teenwoordigheid weggedryf word en sy troon sal in onpartydige opregtheid gevestig word.

6. Moenie jouself in die teenwoordigheid van die koning verhoog nie en moenie op die plek van groot manne staan nie,Luk 14:7-11 as dat jy verneder sou word. Rapporteer aan ’n heerser wat jou oë gesien het.

7. want dit is beter dat vir jou gesê word: “Kom op hoër,”

8. Moenie haastig uitgaan om iemand aan te kla nie; anders, wanneer jy jou saak stel, sal jou naaste jou aan die einde verag.

Spreuke 25