Spreuke 24:14-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. So sal wysheid jou lewe vind en jy sal goeie vooruitsigte hê en jou versekerde verwagting sal nie afgesny word nie.

15. Moenie planne van onreg maak in die huis van die regverdige nie; moenie sy rusplek bederf nie,

16. want die regverdige man val sewe maal en staan weer op, maar die bose val in sy boosheid.

17. Moet jou nie verheug wanneer jou vyand val nie en laat jou binneste nie bly wees wanneer hy oorval word nie

Spreuke 24