Spreuke 23:23-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Koop die waarheid en verkoop nie wysheid nie; koop ook insig en dissipline.

24. Die vader van ’n regverdige sal hom baie verheug en hy wat ’n wyse kind verwek het, sal bly wees.

25. Jou vader en jou moeder sal bly wees oor jou en die een wat aan jou geboorte gegee het, sal gelukkig wees.

26. My seun, gee vir my jou verstand, wil en emosie en laat jou oë my lewenswyses beskou,

27. want ’n hoer is ’n diep put en ’n vreemde vrou is ’n nou put.

28. Sy vernietig mans skielik en vermeerder onreg onder die mens.

29. Wie het probleme? Wie het moeilikheid? Wie het teëstand? Wie het harde tye? Wie het wonde sonder oorsaak? Wie het rooi oë?Spr 20:1 maar gesels met regverdige manne; loop en praat met hulle.

30. Dié wat lank oor die wyn bly en wat soek na ’n drinkplek. Moenie dronk wees van wyn nie,

31. Oordink onpartydige opregtheid en moenie kyk na die wyn as dit rooi is in die beker nie,

32. want teen die einde byt dit soos ’n slang en wond dit soos ’n adder.

33. Wanneer jou oë na ’n vreemde vrou kyk, sal jou verstand, wil en emosie pervers optree

34. en jy sal wees soos een wat in die see gaan lê of soos ’n matroos in ’n storm.

35. Hulle het my geslaan, sal jy sê, maar ek het nie gely nie; hulle het my gespot, maar ek het dit nie geweet nie; wanneer ek sober wakker word, sal ek gaan en dit weer opsoek.

Spreuke 23