Spreuke 21:13-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Hy wat sy oor toemaak vir die uitroep van die arme, sal self ook uitroep tot God, maar Hy sal hom nie antwoord nie.Spr 18:16

14. ’n Geskenk in die geheim bring die woede tot bedaring, maar hy wat spaarsamig is met sy geskenke wek woede op.

15. Dit is ’n vreugde vir die regverdige om regverdig te oordeel, maar vernietiging vir die werkers van onregverdigheid.

16. ’n Mens wat afdwaal van die pad van insig, sal in die vergadering van die dooies rus.

17. Hy wat rykdom kortkom en steeds van onthale, wyn en plesiere hou, sal nie ryk word nie.

18. Die bose sal as losprys vir die regverdige gegee word en die bedrieglike in die plek van die opregtes.

19. Dit is beter om in die wildernis te bly as by ’n twisgierige en woedende vrou.

20. ’n Begeerlike skat en salfolie is in die huis van die wyse, maar ’n dwaas bring dit deur.

21. Hy wat soek na onpartydige opregtheid en liefdevolle goedheid, sal lewe, onpartydige opregtheid en eer vind.

22. Die wyse breek deur die verdediging van die stad van die magtiges en oorwin die vesting waarop hulle vertrou.

23. Hy wat sy mond en sy tong inhou, hou homself uit die moeilikheid.

24. In sy woede pleeg ’n oorhaastige en trotse man onregverdigheid.

25. Die begeertes van die luiaard maak hom dood, want sy hande weier om te werk;

26. die hele dag deur begeer hy gretiglik, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

27. Die offer van die bose is verwerplik, want hulle bring dit op ’n onregverdige wyse.

28. ’n Valse getuie sal omkom, maar ’n gehoorsame man praat die waarheid.

29. Die gesig van die bose is onbeskaamd, maar hy wat opreg is, verander sy lewenswyse.

30. Daar is geen wysheid, insig of raad, soos dié van יהוה nie.Ps 20:8

31. Die perd kan voorberei word vir die dag van die geveg, maar die verlossing is van יהוה.

Spreuke 21