Spreuke 21:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Soos strome water is die verstand, wil en emosie van die koning in die hand van יהוה: Hy draai dit waarheen Hy wil.

2. Elke lewenswyse van ’n mens is reg in sy eie oë, maar יהוה korrigeer die verstand, wil en emosie.

3. Hy wat onpartydige opregtheid doen, is meer aanvaarbaar vir יהוה as hy wat ’n offer bring.

4. Hoogmoedige oë, ’n trotse verstand, wil en emosie en die vrug van die bose is sonde.

5. Die planne van die vlytige neig na oorvloed, maar dié van bose manne bring gebrek.

6. Die verkryging van skatte deur ’n leuenagtige tong sal vernietiging bring en die dood vir hulle wat dit soek.

7. Die vernietiging van die bose sal oor hulle kom, want hulle het geweier om regverdig te oordeel.

8. Hy wat sy eie pad verdraai tree snaaks op, maar die werke van hom wat rein is, is reg.

9. Dit is beter om alleen op die hoek van ’n dak te bly as by ’n twisgierige vrou in ’n groot huis.

Spreuke 21