Spreuke 21:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Soos strome water is die verstand, wil en emosie van die koning in die hand van יהוה: Hy draai dit waarheen Hy wil.

2. Elke lewenswyse van ’n mens is reg in sy eie oë, maar יהוה korrigeer die verstand, wil en emosie.

3. Hy wat onpartydige opregtheid doen, is meer aanvaarbaar vir יהוה as hy wat ’n offer bring.

4. Hoogmoedige oë, ’n trotse verstand, wil en emosie en die vrug van die bose is sonde.

Spreuke 21