Spreuke 20:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. ’n Goeie plan word gevestig deur beraadslaging, maar deur uittarting word oorlog gemaak.

19. Hy wat ’n geheim openbaar, veroorsaak stories; moet daarom nie meng met hom wat gou met sy lippe is nie.

20. Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp sal geblus word.

21. ’n Erfenis wat aan die begin haastig verkry is, sal nie teen die einde geseënd wees nie.

22. Moenie sê: “Ek sal boosheid terugbetaal,” nie, maar wag op יהוה dat Hy jou kan help.

Spreuke 20