Spreuke 20:12-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. ’n Oor wat hoor en ’n oog wat sien; יהוה het hulle albei gemaak.

13. Moenie die slaap liefhê sodat jy arm word nie; maak jou oë oop en jy sal met brood versadig word.

14. “Dit is niks, dit is niks,” sê die koper en gaan dan weg en roem.

15. Weer sê hy: “Hier is goud en ’n menigte kosbare stene en kosbare houers,” maar die lippe van kennis is kosbare juwele.

16. Neem die kleed van hom wat borg staan vir ’n vreemdeling en vat dit as borg vir ’n vreemdeling.Spr 6:1,2; Spr 11:15; Spr 17:18

Spreuke 20