Spreuke 20:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wyn is moeilikheid en dronkenskap is skandelik en wie ook al oormatig drink, is nie wys nie.

2. Die woede van ’n koning is soos die gebrul van ’n leeu; hy wat hom tot woede tart, sondig teen sy eie lewe.

3. Dit is ’n eer vir ’n man om op te hou met twis, maar elke dwaas sal homself daarin verheug.

4. Wanneer die luiaard bestraf word, sal hy nie ophou nie; daarom sal hy tydens oestyd bedel, maar sal selfs nie water ontvang nie.

5. Die raad in ’n koning se verstand is diep, maar ’n wyse man sal dit uittrek.

6. Baie mense word as goedgunstig beskou, maar wie kan ’n betroubare man vind?

7. Die regverdige man lewe in sy integriteit; geseënd is sy kinders na hom.

8. ’n Koning wat op die regterstoel sit, jaag alle boosheid van voor hom weg.1 Yog 1:8

9. Wie kan sê: “Ek het my verstand, wil en emosie skoongemaak, ek is rein van my sondes”?

10. Wisselende gewigte en wisselende mates, hulle is beide verwerplik in die Teenwoordigheid van יהוה.

11. Selfs ’n jongman word geken deur sy dade, of hulle suiwer is en of hulle reg is.

12. ’n Oor wat hoor en ’n oog wat sien; יהוה het hulle albei gemaak.

13. Moenie die slaap liefhê sodat jy arm word nie; maak jou oë oop en jy sal met brood versadig word.

14. “Dit is niks, dit is niks,” sê die koper en gaan dan weg en roem.

Spreuke 20