Spreuke 2:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. as jy daarna soek soos na silwer en daarna soek soos na verborge skatte,

5. dan sal jy die respekvolle vrees van יהוה verstaan en die kennis van God vind,Ps 119:104; Ya’a 1:5

6. want dit is יהוה wat wysheid gee; uit Sy mond kom kennis en insig.

7. Hy stoor versekerde verwagting vir die opregtes, Hy help hulle wat vlekkeloos lewe;

8. Hy bewaar die paaie van regverdige oordeel en beskerm die lewenswyse van Sy afgesonderdes;

9. dan sal jy onpartydige opregtheid, regverdige oordeel en gelykheid van alle goeie paaie verstaan,

10. wanneer wysheid in jou verstand, wil en emosie inkom en kennis vir jou lewe aangenaam is;

11. onderskeidingsvermoë sal jou beskerm en die insig van die opregte sal jou bevry

12. sodat jy bevry kan word van bose lewenswyses, van mense wat perverse dinge praat;

13. wat die pad van opregtheid verlaat om op die pad van duisternis te loop;

14. wat hulle verheug daarin om boosheid te doen en hulle verbly in die boosheid van bose dinge,

15. manne wie se lewenswyses verdraaid is en wie se paaie pervers is.

16. Wysheid sal jou bevry van die vreemde vrou, wat jou vlei met haar woorde,

Spreuke 2