19. ’n Man van groot woede sal skade ly; hoe meer vyandig hy is hoe meer vergroot hy sy las.
20. Luister na raad en neem dissipline aan sodat jy wys kan wees in jou lewenswyse.
21. Daar is baie planne in ’n man se verstand, nogtans sal die raad van יהוה vasstaan.
22. Die begeerte van ’n mens is om goed te doen en ’n arm man is beter as ’n ryk man wat lieg.
23. Respekvolle vrees vir יהוה lei tot lewe en hy wat daarmee tevrede is, sal voortbestaan, hy sal nie besoek word deur boosheid nie.