11. Die twisgierige soek moeilikheid; daarom sal ’n wrede boodskapper teen hom gestuur word.
12. Bepeinsing en respekvolle vrees pas by ’n wyse man, maar ’n dwaas bepeins sy sinnelose boosheid.
13. Hy wat goed met boosheid vergeld, die boosheid sal nie uit sy huis wyk nie.
14. Hy wat bloed vergiet, maak oordeel wakker voor die heerser.
15. Beide hy wat die bose regverdig verklaar en hy wat die regverdige veroordeel, is verwerplik voor יהוה.
16. Wat is die waarde van rykdom in die besit van die dwaas wat geen begeerte het om wysheid te bekom nie?
17. ’n Vriend het te alle tye lief, maar ’n broer word gebore vir teëstand.
18. ’n Dwase mens bied homself aan as borg, want hy word versekering vir sy naaste.
19. Hy wat oortreding liefhet, het bedrog en twis lief en hy wat homself verhoog, soek vernietiging.
20. Hy wat in sy verstand, wil en emosie sleg praat, sal nie die goeie vind nie; hy wat ’n bose tong het, verval in boosheid.
21. Hy wat ’n dwaas verwek, doen dit tot sy eie skande; sy vader sal geen vreugde in hom hê nie.