Spreuke 17:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Stuk droë brood en rustigheid daarby is beter as ’n huis vol feesmaaltye met getwis.

2. ’n Wyse dienskneg sal heers oor ’n seun wat skande maak en sal die erfenis deel saam met die broers.

3. Die smeltkroes is vir silwer en die oond vir goud, maar יהוה toets die binneste.

4. Die bose luister vir valse lippe, maar die regverdige luister nie na die tong van gewelddadige manne nie.

5. Hy wat met die arme spot, tart sy Maker; hy wat bly is oor ’n katastrofe, sal nie vergewe word nie.

6. Kinders se kinders is die kroon vir ou manne en die lof en eer van die kinders is hulle vader.

7. Uitstekende taal pas nie by ’n dwaas nie en ook nie leuentaal by ’n regverdige nie!

8. ’n Kosbare edelgesteente is mooi in die oë van sy besitter; oral waar dit gaan word dit bewonder.

9. Hy wat ’n oortreding vergeet, soek vriendskap, maar hy wat dit haat om ’n oortreding te vergeet, vervreem homself van ’n vriend en naaste.

10. ’n Berisping breek die binneste van die wyse; die dwaas ontvang straf, maar besef dit nie.

11. Die twisgierige soek moeilikheid; daarom sal ’n wrede boodskapper teen hom gestuur word.

12. Bepeinsing en respekvolle vrees pas by ’n wyse man, maar ’n dwaas bepeins sy sinnelose boosheid.

Spreuke 17