Spreuke 14:23-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. In al jou werke is daar wins, maar hy wat jonk is, is sonder sorge en op sy gemak. יהוה genees elke wond, maar die praat van die lippe van die dwaas neig net na armoede.

24. Die kroon van die wyse is hulle rykdom, maar die boosheid van die dwase is hul verstandeloosheid.

25. ’n Ware getuie bevry lewens, maar ’n bedrieglike getuie praat valsheid.

26. In respekvolle vrees vir יהוה lê ’n sterk versekerdheid en sy kinders sal ’n plek van skuiling hê.Spr 13:14

27. Respekvolle vrees vir יהוה is ’n fontein van lewe vir hulle wat wegdraai van die strikke van die dood.

28. In die menigte van die bevolking is die eer van die koning, maar in die vernietiging van die mense is die ondergang van die koning.

29. Hy wat stadig is om kwaad te word, het groot insig, maar hy wat kort van humeur is, is uitsonderlik dwaas.

30. Hy wat sy woede afkoel, is ’n geneesheer van sy eie verstand, wil en emosie, maar woede is die verrotting van die gebeente.

31. Hy wat die arme onderdruk, tart sy Maker, maar hy wat יהוה eer, het onverdiende guns vir die behoeftiges.1 Yog 1:7; 1 Yog 3:3-6

Spreuke 14