Spreuke 13:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Wyse seun luister na die dissipline van sy vader, maar ’n bose seun luister nie na berisping nie.

2. ’n Goeie man sal tevrede wees met die vrug van sy mond, maar die lewens van die bose sal tot niet gaan.

3. Hy wat sy mond bewaak, bewaar sy lewe; hy wat te veel praat sal verwoesting op homself bring.

4. Die luiaard begeer voortdurend, maar die lewe van die vlytiges sal verryk word.

5. Die regverdige haat leuentaal, maar die bose is veragtelik en sal beskaam word.

6. Onpartydige opregtheid bewaar die een wat opreg is in sy lewenswandel, maar boosheid werp die sondaar omver.

7. Daar is sommiges wat voorgee om ryk te wees, tog het hul niks nie; daar is ander wat voorgee om arm te wees, tog het hul groot rykdom.

8. Die losprys vir die lewe van ’n man is sy rykdom, maar die arme luister nie na teregwysing nie.

9. Die lig van die regverdige sal hom verheug, maar die lamp van die bose sal uitgesit word.

10. Die bose man doen skandelike dinge, maar by die goed-ingeligte is wysheid.

11. Rykdom wat onregverdig verkry is, sal minder word, maar hy wat regverdig invorder sal sy rykdom vermeerder.Ps 1

Spreuke 13