Spreuke 12:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Die raad van die bose is om te lê en wag op bloedvergieting, maar die mond van die opregtes sal hulle bevry.

7. Die bose sal omvergewerp word en nie gevind word nie, maar die huis van die regverdiges sal staan.

8. Volgens sy insig sal ’n man aangeprys word, maar hy wat insig kort, sal verag word.

9. ’n Arm man wat homself bedien, is beter as een wat trots is en tog gebrek het aan brood.

10. Die regverdige man neem die lewe van sy dier in ag, maar die omgee van die bose word onderdruk.

11. Hy wat sy land bewerk, sal versadig wees met brood, maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan insig.

12. Die bose begeer om boos te doen, maar die wortel van die regverdiges sal uitspruit.

13. Die bose word gevang deur die rebellie van sy lippe, maar die regverdige sal uit die moeilikheid kom.

14. ’n Goeie man sal versadig word deur die goedheid van sy mond en die beloning van ’n man se hande, sal aan hom gegee word.

15. Die lewenswyse van ’n dwaas is reg in sy eie oë, maar hy wat na raad luister en dit doen is wys.

16. Die dwaas se woede is gou bekend, maar die skrander man verberg sy skande.

Spreuke 12