Spreuke 12:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy wat dissipline liefhet, het kennis lief, maar hy wat teregwysing haat, is ’n dwaas.

2. Die goeie man verkry guns van יהוה, maar die bose sal veroordeel word.

3. ’n Man sal nie gevestig word deur boosheid nie, maar die wortel van die regverdiges sal floreer.

4. ’n Moreel goeie vrou is ’n kroon vir haar man, maar een wat boos doen vernietig haar man soos ’n boorwurm en ’n termiet.

5. Die gedagtes van die regverdiges is opreg, maar die berading van die bose is bedrog.

6. Die raad van die bose is om te lê en wag op bloedvergieting, maar die mond van die opregtes sal hulle bevry.

7. Die bose sal omvergewerp word en nie gevind word nie, maar die huis van die regverdiges sal staan.

8. Volgens sy insig sal ’n man aangeprys word, maar hy wat insig kort, sal verag word.

9. ’n Arm man wat homself bedien, is beter as een wat trots is en tog gebrek het aan brood.

Spreuke 12