Spreuke 11:4-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Rykdom bevoordeel nie op die dag van woede nie, maar onpartydige opregtheid bevry van die dood.

5. Die onpartydige opregtheid van die volmaakte sal sy pad rig, maar die bose sal val deur sy eie boosheid.

6. Die onpartydige opregtheid van die volmaakte bevry hulle, maar die oortreders sal gevang word in hulle eie boosheid.

7. Wanneer ’n bose man sterf, vergaan sy verwagtinge en die hoop van die boosdoeners vergaan.

Spreuke 11