Spreuke 10:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Die lippe van die bose is vol misleiding en hy wat ’n vloek uitspreek, is ’n dwaas.

19. Die bose kan nie bevry word deur ’n oorvloed van woorde nie, maar hy wat sy lippe inhou, is wys.

20. Die tong van die regverdige is soos uitgesoekte silwer; die verstand, wil en emosie van die bose is vol bitterheid.

21. Die lippe van die regverdige is vol onverdiende guns, maar die dwase sterf deur die gebrek aan wysheid.

22. Die seën van יהוה bring rykdom en daar sal geen smart in wees nie.

Spreuke 10