Spreuke 10:15-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Die rykdom van die ryk manne is hul sterk stede; die vernietiging van die behoeftiges is hulle armoede.

16. Die werk van die regverdige is tot Lewe; die opbrengs van die bose is tot sonde.

17. Die ware lewenswyse aanvaar tugtiging, maar hy wat teregwysing haat is ’n dwaas.

18. Die lippe van die bose is vol misleiding en hy wat ’n vloek uitspreek, is ’n dwaas.

19. Die bose kan nie bevry word deur ’n oorvloed van woorde nie, maar hy wat sy lippe inhou, is wys.

Spreuke 10