Spreuke 10:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die spreuke van Shlomo: ’n wyse seun verbly sy vader, maar ’n dwase seun bring depressie oor sy moeder.

2. Skatte deur boosheid verkry, bring geen voordeel nie, maar onpartydige opregtheid bevry van die dood.

3. יהוה sal nie die lewe van die regverdige van honger laat omkom nie, maar die begeertes van die bose stoot Hy weg.

4. Hy word arm wat met ’n misleidende hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

5. Hy wat in die somer werk, is ’n verstandige seun, maar hy wat slaap in die oestyd, is ’n seun wat skande veroorsaak.

6. Seëninge is op die kop van die regverdige, maar geweld bedek die mond van die bose.

7. Die nagedagtenis van die regverdige is ’n seën, maar die erfgenaam van die bose sterf uit.

8. Hy wat wys van verstand, wil en emosie is, aanvaar opdragte, maar hy op wie se lippe dwaasheid is, sal uitgevang word.

9. Hy wat in opregtheid lewe, lewe veilig, maar hy wat pervers lewe sal bekend wees.Ps 35:19; Spr 16:30 veroorsaak pyn, maar hy wat openlik teregwys, maak vrede.

Spreuke 10