Spreuke 1:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die spreuke van Shlomo, die seun van Dawid, koning van Yisra’el,

2. om wysheid en dissipline te ken, om boodskappe van insig te verstaan,

3. om dissipline, respek, onpartydige opregtheid, regverdige oordeel en gelykheid te ontvang;

4. om aan die eenvoudiges onderskeiding te gee, aan die jongman kennis en beplanning;

5. ’n wyse man sal luister en insig vermeerder en ’n man van begrip sal leierskap verkry;

Spreuke 1