Rut 3:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Sy antwoord haar: “Alles wat u sê, sal ek doen.”

6. Sy het afgegaan na die dorsvloer en gedoen volgens alles wat haar skoonmoeder haar beveel het.

7. Nadat Bo’az geëet en gedrink het en sy binneste vrolik was, het hy gaan lê langs die dorsvloer. Terwyl hy in diep slaap was by die dorsvloer, het sy stilletjies gekom en die onderpunt van sy bo-kleed opgelig en naby sy voete gaan lê.

8. Dit het om middernag gebeur dat die man wakker geword het en geskrik het toe hy sien daar lê ’n vrou by sy voete.

Rut 3