1. Dit het in die dae toe die regters regeer het, gebeur dat daar ’n hongersnood in die land was. ’n Sekere man uit Beit-Legem in Y’hudah het in die land van Mo’av gaan bly, hy en sy vrou en sy twee seuns.
2. Die naam van die man was Elimelekh, die naam van sy vrou Na’omi en die name van sy twee seuns was Maglon en Kilyon, Efrayimiete, uit Beit-Legem in Y’hudah en hulle het na die land van Mo’av gegaan om daar te bly.
3. Elimelekh, Na’omi se man, het gesterf en sy het haar twee seuns gehad.
4. Hulle het vir hulle vroue gevat uit die Mo’avitiese vroue; die naam van die een was `Orpah en die naam van die ander was Rut en hulle het omtrent tien jaar daar gebly.
5. Maglon en Kilyon het albei gesterf en die vrou is ontneem van haar twee seuns en haar man.