Romeine 9:16-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Gevolglik hang dit nie af van die een wat wil of deur die een wat hardloop nie, maar van God wat Omgee is,Eks 9:16; Eks 14:4

17. want Hy sê in die Skrif vir Farao: “Om hierdie rede het Ek jou laat opstaan sodat Ek in jou My krag kan wys en sodat My Karakter en Outoriteit (Naam) bekend gemaak kan word op die hele aarde.”

18. So wys Hy dan Sy omgee oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

19. Sonder twyfel sal jy sê: “Waarom vind Hy fout, want wie is dit wat teen Sy wil staan?”Yes 29:16; Yes 45:9

20. Wie is jy daarom o mens, wat vir God ’n antwoord teruggee? Sê die een wat gevorm is aan die Een wat hom gevorm het: “Waarom het U my op dié manier gevorm?”

21. Of het die pottebakker nie outoriteit oor die klei, om uit dieselfde bol die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

22. As God Sy woede wou wys en Sy mag bekend maak, het Hy baie geduld getoon in woede teen houers van woede wat volmaak gemaak is vir die vernietiging

23. en Sy liefde loop oor op die voorwerpe van omgee wat voorberei is vir Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid,

24. vir ons wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die ander nasies.Hos 2:25

25. Net soos dit ook in Hoshea sê: “Ek sal die wat nie My volk was nie: ‘My volk’ noem en vir wie nie liefde gegee is nie: ‘jy wat Ek liefhet’Hos 2:1

Romeine 9