3. want omdat die wet swak was, deur die sieklikheid van die vlees, het God Sy Seun in die vorm van die sondige vlees gestuur, as gevolg van sonde, om die sonde in Sy vlees te veroordeel
4. sodat die onpartydige opregtheid van die wet volledig gemaak kon word in ons sodat ons nie na die vlees leef nie, maar na die Gees.
5. Hulle wat in die vlees is, word deur daardie vlees beheer, maar die wat van die Gees is, word deur daardie Gees beheer,
6. want die gedagtes van die vlees is dood, maar die gedagtes van die Gees is lewe, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid
7. omdat die gedagtes van die vlees vyandskap teen God is, want dit is nie gehoorsaam aan die wet van God nie, want dit is ook nie moontlik nie.
8. Hulle wat in die vlees is, kan God nie tevrede stel nie,
9. maar julle is nie in die vlees nie, maar in die Gees, as die Gees van God waarlik in julle bly, maar as iemand die Gees van Die Gesalfde Een nie het nie, behoort hy nie aan Hom nie.
10. As Die Gesalfde Een in julle is, dan is die liggaam dood vir die doel van sonde, maar die Gees is lewend vir die doel van die onpartydige opregtheidYeg 37:14
11. en as die Gees van Hom wat ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een uit die dood uit laat opstaan het, in julle bly, dan sal Hy wat Yeshua, Die Gesalfde Een uit die dood laat opstaan het, ook aan julle dooie liggame lewe gee deur Sy Gees wat in julle bly.
12. Nou, my broers, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie,Ya’a 4:4
13. want as julle na die vlees lewe, sal julle sterf en as julle in die Gees die praktyke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe,
14. want dié wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
15. Julle het nie ’n gees van slawerny ontvang om weer te vrees nie, maar julle het die Gees van aanstelling as kinders ontvang, deur Wie ons uitroep: “Vader, ons Vader!”
16. Daardie Gees getuig tot ons gees dat ons kinders van God is