Romeine 8:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Nou, my broers, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie,Ya’a 4:4

13. want as julle na die vlees lewe, sal julle sterf en as julle in die Gees die praktyke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe,

14. want dié wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

15. Julle het nie ’n gees van slawerny ontvang om weer te vrees nie, maar julle het die Gees van aanstelling as kinders ontvang, deur Wie ons uitroep: “Vader, ons Vader!”

16. Daardie Gees getuig tot ons gees dat ons kinders van God is

17. en as ons kinders is, dan ook erfgename. Erfgename van God en mede-erfgename van Yeshua, Die Gesalfde Een, want as ons saam met Hom ly, sal ons ook saam met Hom die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God smaak.

18. Ek verklaar dat die lyding van hierdie tyd nie vergelyk kan word met die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God wat aan ons openbaar sal word nie,Ya’a 1:18

19. want die skepping wag in versekerde verwagting en in afwagting op die openbaarmaking van die kinders van God,

20. want die skepping is onderworpe aan die waardeloosheid, nie uit keuse nie, maar onder Hom wat dit gehoorsaam gemaak het, in die versekerde verwagting

21. dat ook die skepping vrygemaak sal word van die slawerny van vernietiging tot die vryheid van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God saam met die kinders van God,

22. want ons weet dat alles wat geskep is, kreun en in geboortepyn is tot nou toe.

23. Nie alleen hulle nie, maar ook ons wat die eersteling vrugte van die Gees in ons het, kreun ook in onsself in afwagting op die aanstelling as kinders en die bevryding van ons liggame,

Romeine 8