Romeine 3:3-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want wat daarvan as sommige nie vertrou het nie? Sal hulle gebrek aan vertroue miskien die vertrouenswaardigheid van God vernietig?Ps 51:6

4. ’n Verwerplike gedagte! God is waarheid en elke mens ’n leuenaar, soos geskrywe is: “U is regverdig in U woorde en onskuldig as hulle U beoordeel.”

5. As ons boosheid die regverdigheid van God bevestig, wat sal ons sê? Is God dan nie onregverdig om Sy woede oor ons te bring, nie? Ek praat soos die mense.

6. ’n Verwerplike gedagte! Hoe anders sal God die wêreld oordeel?

7. As die waarheid van God deur my valsheid vergroot is tot Sy eer, lof en aanbidding, waarom word ek dan steeds as sondaar geoordeel?

8. Of is dit, soos kwaad gepraat word van ons deur hulle wat in die oordeel veroordeel sal word en beweer dat ons sê: ‘Laat ons boosheid doen sodat daar goed van kan kom?’

9. Word ons dan as beter beskou omdat ons ’n voordeel het? Ons het aangaande die Jode, sowel as Arameërs, bepaal dat hulle almal onder sonde is,

10. net soos geskrywe is: ‘Daar is niemand onskuldig nie, selfs nie een nie,

11. ook nie iemand wat verstaan nie, ook nie iemand wat God soek nie!Ps 14:1-3; Ps 53:2-4

12. Hulle het almal saam afgewyk en is verwerp. Daar is niemand wat goed doen nie, nie een nie.’Ps 5:10 ‘Die gif van Mitzrayitiese kobras is onder hulle lippe.’Ps 140:4

13. ‘Hulle kele is oopgemaakte grafte en hulle tonge is misleidend.’Ps 10:7

14. ‘Hulle monde is vol vervloeking en bitterheid’

15. en ‘hulle voete is ywerig om bloed te stort.

16. Teëspoed en ellende is op hulle pad,Yes 59:7-8; Spr 1:16

17. en die pad van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid het hulle nie geken nie.’Ps 36:2

18. ‘Die respekvolle vrees vir God is nie voor hulle oë nie.’

19. Ons weet dat alles wat die geskrewe wet gesê het, gesê is vir dié wat in die geskrewe wet is sodat elke mond toegemaak en die hele wêreld voor God skuldig sal weesPs 143:2 want deur die geskrewe wet is die sonde bekend gemaak,

Romeine 3