Romeine 3:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. en ‘hulle voete is ywerig om bloed te stort.

16. Teëspoed en ellende is op hulle pad,Yes 59:7-8; Spr 1:16

17. en die pad van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid het hulle nie geken nie.’Ps 36:2

18. ‘Die respekvolle vrees vir God is nie voor hulle oë nie.’

19. Ons weet dat alles wat die geskrewe wet gesê het, gesê is vir dié wat in die geskrewe wet is sodat elke mond toegemaak en die hele wêreld voor God skuldig sal weesPs 143:2 want deur die geskrewe wet is die sonde bekend gemaak,

20. op grond daarvan dat uit die doen van die skriftelike wet niemand voor Hom onskuldig verklaar sal word nie,

21. maar nou word die onpartydige opregtheid van God openbaar sonder die geskrewe wet en die Wet en die Profete getuig daarvan.

22. Die onpartydige opregtheid, wat van God kom, is deur die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een, vir elke persoon wat aanhou vertrou in Hom, want daar is geen onderskeid nie,

23. want almal van hulle het gesondig en kom die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God kort

24. en hulle word onskuldig verklaar deur Sy onverdiende guns sonder koste en deur die verlossing wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, is;

25. Hy, wat vroeër deur God gegee is as die Toedekking van sonde, deur die vertroue, met Sy bloed ter wille van ons sondes wat ons vroeër gepleeg het,

26. in die ruimte wat God ons gegee het deur die geduld van Sy Gees vir die demonstrasie van Sy beoordeling wat in die teenwoordige tyd is, waardeur Hy wys dat Hy die Regverdige Een is en deur onpartydige opregtheid hom wat in die vertroue van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een is, onskuldig verklaar.

Romeine 3