Romeine 11:10-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Laat hulle oë donker word sodat hulle nie kan sien nie en laat hulle rug aanhoudend oorgebuig wees,”Deut 32:21

11. maar ek vra: “Het hulle gestruikel sodat hulle geval het?” ’n Verwerplike gedagte! Inteendeel, deur hulle struikeling het daar verlossing vir die ander nasies gekom, om hulle jaloers te maak

12. en as hulle oortreding waardevol vir die wêreld is en hulle veroordeling waardevol is vir die ander nasies, hoeveel te meer nie hulle volheid nie!

13. Want aan julle, die ander nasies sê ek; ek wat die afgevaardigde na die ander nasies is; ek eer my dienswerk,

14. om miskien my volksgenote jaloers te maak en sommige van hulle te red,

Romeine 11