Rigters 9:55-57 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

55. Toe die manne van Yisra’el sien dat Avimelekh dood is, het hulle elkeen na sy blyplek vertrek.

56. So het God dan die boosheid van Avimelekh vergeld wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.

57. God het ook al die boosheid van die manne van Sh’khem op hulle eie kop laat neerkom en die vloek van Yotam, die seun van Yeruba’al, het oor hulle gekom.

Rigters 9