Rigters 8:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe sê die manne van Efrayim vir hom: “Wat is dit wat u ons aangedoen het dat u ons nie geroep het toe u teen Midyan gaan veg het nie?” Hulle het heftig met hom baklei,

2. maar hy sê vir hulle: “Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efrayim nie beter as die wynoes van Avi’ezer nie?

3. God het die leiers van Midyan, `Orev en Ze’ev, in julle hand gegee en wat kon ek doen in vergelyking met julle?” Toe bedaar hulle woede teenoor hom toe hy dit gesê het.

4. Toe het Gid’on by die Yarden gekom, hy en die drie honderd man wat by hom was en oorgetrek, moeg en tog besig om te agtervolg.

Rigters 8