Rigters 18:11-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Toe het ses honderd man, bewapen met oorlogswapens, uit die familie van die Daniete, uit Tzor’ah en Eshta’ol, weggetrek.

12. Hulle het opgetrek en kamp opgeslaan by Kiryat-Ye’arim in Y’hudah. Hulle noem daarom dié plek Maganeh-Dan tot vandag toe; let op, dit lê wes van KiryatYe’arim.

13. Hulle het van daar oorgegaan na die Bergland van Efrayim en gekom by die huis van Mikhay’hu.

Rigters 18