Rigters 13:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die seuns van Yisra’el het weer boos gedoen in die oë van יהוה sodat יהוה hulle oorgegee het in die hand van die F’lishtyne vir veertig jaar lank.

2. Daar was ’n sekere man van Tzor’ah, van die familie van die Daniete, met die naam van Manoag en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.

3. Toe het die engel van יהוה aan die vrou verskyn en vir haar gesê: “Let op, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun.

Rigters 13