Psalms 94:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. As ek sou sê: “My voet gly,” het U onverdiende guns my opgehou, o יהוה!2 Kor 1:3

19. In die menigte van my verdriet, verkwik U vertroostinge my lewe.

20. Bose heersers sal nie gemeenskap met U hê nie, want hulle het moeilikheid teen U wet beplan.

21. Hulle stel strikke teen die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed,

22. maar יהוה is my Verdediging en my God is die Rots van my skuiling.

Psalms 94