1. Hy wat bly in die beskerming van die Allerhoogste, sal volhard onder die skaduwee van die Almagtige.
2. Ek sal van יהוה sê: “Hy is my Skuilplek en my Vesting, my God, in Hom sal ek vertrou.”
3. Hy sal jou sekerlik bevry uit die net van die voëlvanger en van leë geskinder.
4. Hy sal jou toedek met Sy vere en onder Sy vlerke sal jy vertrou; Sy waarheid sal jou skild en groot skild wees.
5. Jy sal nie vir die angs van die nag of vir die pyl wat bedags vlieg vrees nie,