Psalms 90:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gebed van Moshe, die man van God. יהוה, U was ons Blyplek van geslag tot geslag.

2. Voordat die berge voortgebring is of voor U ooit die aarde en die wêreld gevorm het, van ewigheid tot ewigheid is U God.

3. U verhoed die mens tot vernietiging en sê: “Keer terug, o mensekinders!”2 Kef 3:8

4. Want duisend jaar in U oë is soos die dag van gister as dit verby is en soos ’n wagbeurt in die nag.

Psalms 90