Psalms 9:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; op Muth-labben (By die dood van die seun): ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2. Ek wil יהוה met my hele verstand, wil en emosie, met uitgestrekte hande, loof en dank; ek sal van al U wonders vertel.

3. In U wil ek bly wees en spring van vreugde; ek wil musiek maak en sing tot eer van U Naam (Karakter en Outoriteit), o Allerhoogste.

4. Wanneer my vyande teruggedryf word, struikel en sterf hulle voor U Teenwoordigheid,

5. want U het my regverdige saak en my doel bevestig; U het gaan sit op die troon, o regverdige Regter!

6. U het die nasies bestraf, die wetsoortreders vernietig; U het hulle naam vir ewig en ewig uitgevee.

7. Die vyande het omgekom in ewige puinhope en U het die stede ontwortel; selfs hulle nagedagtenis is vernietig,

8. maar יהוה bestaan vir ewig voort; Hy het Sy troon vir oordeel voorberei

9. en Hyself sal die wêreld oordeel in onpartydige opregtheid en die volke vonnis met gelykheid.

Psalms 9