Psalms 9:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; op Muth-labben (By die dood van die seun): ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2. Ek wil יהוה met my hele verstand, wil en emosie, met uitgestrekte hande, loof en dank; ek sal van al U wonders vertel.

3. In U wil ek bly wees en spring van vreugde; ek wil musiek maak en sing tot eer van U Naam (Karakter en Outoriteit), o Allerhoogste.

Psalms 9