Psalms 9:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; op Muth-labben (By die dood van die seun): ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2. Ek wil יהוה met my hele verstand, wil en emosie, met uitgestrekte hande, loof en dank; ek sal van al U wonders vertel.

3. In U wil ek bly wees en spring van vreugde; ek wil musiek maak en sing tot eer van U Naam (Karakter en Outoriteit), o Allerhoogste.

4. Wanneer my vyande teruggedryf word, struikel en sterf hulle voor U Teenwoordigheid,

5. want U het my regverdige saak en my doel bevestig; U het gaan sit op die troon, o regverdige Regter!

6. U het die nasies bestraf, die wetsoortreders vernietig; U het hulle naam vir ewig en ewig uitgevee.

7. Die vyande het omgekom in ewige puinhope en U het die stede ontwortel; selfs hulle nagedagtenis is vernietig,

8. maar יהוה bestaan vir ewig voort; Hy het Sy troon vir oordeel voorberei

9. en Hyself sal die wêreld oordeel in onpartydige opregtheid en die volke vonnis met gelykheid.

10. יהוה sal ook ’n vesting wees vir die onderdrukte, ’n vesting in tye van moeilikheid

Psalms 9