Psalms 89:22-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Die vyand sal nie sterk wees teenoor hom nie, of die seuns van die bose hom lastig val nie

23. en Ek sal sy vyande voor hom vernietig en die een wat hom haat, lastig val,

24. maar My getrouheid en onverdiende guns sal by hom wees en in My Karakter en Outoriteit (Naam) sal sy horing opgelig word.

25. Ek sal sy hand ook op die see lê en sy regterhand op die riviere.Heb 1:5

Psalms 89