Psalms 89:20-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Ek het Dawid, My dienskneg, gevind; met My afgesonderde olie het Ek hom gesalf.

21. My hand het hom gehelp, My arm het hom ook versterk.

22. Die vyand sal nie sterk wees teenoor hom nie, of die seuns van die bose hom lastig val nie

23. en Ek sal sy vyande voor hom vernietig en die een wat hom haat, lastig val,

24. maar My getrouheid en onverdiende guns sal by hom wees en in My Karakter en Outoriteit (Naam) sal sy horing opgelig word.

25. Ek sal sy hand ook op die see lê en sy regterhand op die riviere.Heb 1:5

26. Hy sal na My toe uitroep: ‘U is my Vader, my God en my Magtige Verlosser!’

27. Ék sal hom My eersgeborene maak en hom verhoog bo die konings van die aarde.

28. Ek sal My goedheid vir ewig vir hom hou en My verbond sal vas staan met hom.

29. Ek sal ook sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

30. As sy seuns My wet verlaat en nie in My oordele lewe nie,

31. as hulle My instellings verbreek en My opdragte nie uitvoer nie,

Psalms 89