1. ’n Onderwysing van Eitan, die Ezrahiet. 2 Ek sal sing van die goedheid van יהוה vir ewig; ek sal U getrouheid van geslag tot geslag met my mond bekend maak,
2. want ek het gesê: “Die wêreld sal opgebou word deur goedheid; U getrouheid word in die hemele bevestig.”Yir 33:21,26; Yeg 37:24,25
3. Ek het ’n verbond gesluit met wie Ek gekies het; Ek het gesweer tot Dawid, My dienskneg:Hand 13:23
4. “Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag.”
5. Die hemele sal U wonders loof met uitgestrekte hande, o יהוה, U getrouheid ook in die vergadering van die afgesonderdes,
6. want wie in die hemel kan met יהוה vergelyk word? Wie van die engele kan met יהוה vergelyk word?
7. God staan op in die raad van die afgesonderdes, groot en respekteerbaar bo almal wat rondom Hom is.
8. O יהוה, God van die leërmagte, wie is magtig soos U? U getrouheid is rondom U!
9. U heers oor die prag en praal van die see; U maak sy golwe stil.
10. U het die trotses verneder soos een wat verslaan is, U het U vyande met U sterk arm verstrooi.